Die man van Melbourne het Saterdag kaal in ’n bolaai-wasmasjien vir sy meisie weggekruip omdat hy haar wou verras wanneer sy tuiskom.

Maar hy het vasgesit en ’n reddingspoging moes van stapel gestuur word wat die polisie, brandweer, paramedici en ’n plaaslike soek-en-reddingspan betrek het.

Hulle moes uiteindelik olyfolie gebruik om hom makliker uit die wasmasjien te kry.

“Dit was net ’n speletjie wat verkeerd geloop het. Mens kan maar sê die man was baie verleë,” het sers. Michelle de Araugo gesê.