/strong>

“Werktuigkundiges by ’n saak in Pinetown het beserings naelskraap vrygespring toe ’n bestuurder in hul perseel gejaag kom en teen ’n hoë domkrag en ’n ander voertuig bots voor dit tot stilstand kom,” het die Netcare 911-woordvoerder Chris Botha in ’n verklaring gesê.

Hy het gesê niemand is tydens die voorval beseer nie. Die bestuurder is deur die polisie weggelei.

Die KwaZulu-Natalse polisie kon nie onmiddellik vir verdere besonderhede bereik word nie.

- Sapa