[caption id="attachment_118085" align="alignnone" width="601"]Die K2-tweeling lag lekker oor dié aanlyn slenter en sê dit pla hulle nie juis nie. Foto: Jacques Stander Die K2-tweeling lag lekker oor dié aanlyn slenter en sê dit pla hulle nie juis nie. Foto: Jacques Stander[/caption]

“Albei mans is aangemoedig om vir DNS-toetse te gaan nadat vriende en familie gesê het hulle kan dalk familie wees omdat hulle so baie na mekaar lyk,” lui die berig, wat aanlyn op ’n rits webtuistes versprei is.

Lees ook: Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?

Die berig vertel van ’n paartjie, glo Alex en Jason van New Jersey in Amerika, wat as tweeling met geboorte geskei is en later ’n paartjie geraak het.

“Die man met wie ek die res van my lewe wou deurbring, my sielsgenoot, is eintlik my tweelingbroer. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie,” sê Jason in die berig.

Foto’s van die K2-tweeling, wat modelwerk doen en al op TV verskyn het, vergesel die berig en dis kwansuis “Alex” en “Jason” op dié foto’s en nie Alex en Charlie nie.

Die berig beweer selfs die tweeling het hul ouers gekonfronteer, wat toe erken het hulle is eintlik broers, en dat Alex sukkel om die nuus te verwerk.

“Alex weier om met my te praat,” vertel ’n hartseer Jason. “Hy het selfs gedreig om heteroseksueel te raak,” lui die berig verder.

Maar die K2-tweeling lag lekker oor dié aanlyn slenter en sê dit pla hulle nie juis nie.

“Die mense het ’n lekker kans gevat,” vertel Alex vanaf hul familieplaas by Vredendal. “Die storie is blykbaar deur ’n tydskrif in Brasilië versprei, maar die meeste van ons aanhangers en vriende besef gelukkig dis ’n liegstorie.”

Lees ook: Dié eenvoudige truuk sal jou wys wie jou beste vriend op WhatsApp is Hulle het van die vals berig uitgevind toe aanhangers skermgrepe en skakels na die berigte begin aanstuur. “Dit is ook op die webtuiste 9-gag versprei, wat miljoene besoekers het.” Alex en Charlie glo dis op dié webtuiste waar die storie vlam gevat en begin uitkring het. Hul prokureur het hulle aangeraai om nie regstappe te doen om die foto’s, wat sonder hul toestemming gebruik is, te laat verwyder nie. “Dis te moeilik en te veel moeite om dié vals webtuistes op te spoor,” sê Alex. Die tweeling het ook ’n verduideliking op hul Instagram-blad geplaas.

A photo posted by K2twins (@k2brothers) on

- Deur Mieke Vlok

Ander stories op Huisgenoot.com:

28 sterf ná dodelike motorbom Turkse hoofstad ruk

Staatsamptenaar draai ses jaar lank stokkies – sonder dat iemand dit agterkom

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

Opgewondenheid oor nuwe kankerbehandeling

Romantiese huweliksaanbod toe eintlik ’n wrede poets