Haar kleurvolle skepping was so ’n groot treffer dat die kleremaatskappy Ripleys vir Sarah haar eie klerelyn gegee het.

Dit blyk egter dat al die sukses na Sarah se kop gegaan het. Die ma van twee van Wakefield in Brittanje het onlangs haar jongste skepping bekendgestel: ’n Rok wat geheel en al van ander mense se skaamhare gemaak is.
Lees ook: Dink weer voor jy die hare laat waai “Ek wou die titel van weersinwekkendste rok by Lady Gaga (wat ’n rok van rou vleis gedra het) afneem, dus het ek Twitter gebruik om skaamhare te soek, het die 28-jarige Sarah volgens The Mirror gesê.
Behulpsame mense van oor die hele wêreld was maar alte bly om te help en het sommer ander liggaamshare ook aangestuur. Dit het ses maande geduur voor Sarah genoeg . . .uhm . . . materiaal vir haar projek versamel het.

Sy het eindelik aan die werk gespring, met “die dikste handskoene wat sy kon kry”, ’n oog- en ’n asemhalingsmasker, want “wie wil dan nou skaamhare eet?”

Wie nogal, Sarah.

“Ek het aan die ontwerp gedink omdat dit so weersinwekkend is. Ek het gewonder wat die ergste ding kon wees wat jy op jou rok sou kon hê.”

Lees ook: Aarde! Kyk net die vreemde uitrusting waarmee dié man perdry

Die basis, het sy aan MailOnline, vertel, is ’n dun, buigsame soort staal en sy het warm gom gebruik om die hare daarop vas te plak.

“Dit was absoluut aaklig om met daardie materiaal te werk. Ek het ’n grondseil op die vloer gegooi en die hare met ’n vloeistof gesteriliseer.

Daarna het ek dit in baie warm water gesit om die bakterieë dood te kry – ek wou nie skaamluise kry nie!

“Die hare was aanvanklik oraloor versprei en ek het in werklikheid my projek bevraagteken – dit was so afgryslik. Maar toe koop ek ’n oog- en gesigmasker en daarna het dinge ’n bietjie beter gegaan.”

Die eklektiese ontwerper hoop om die A-lyn-romp en bostuk vir £10 000 (sowat R195 000) te verkoop.

Bronne: MailOnline, The Mirror, Facebook