’n Chiropraktisyn van Michigan het die burger by McDonalds, en ook ’n taco by Taco Bell, gekoop om te sien hoe lank dit sou neem voordat hulle begin verrot.

Die twee gewilde kitskositems het, ten spyte van die feit dat hulle onbedek op ’n tafel gelê het vir die twee-jaar-eksperiment, nie bederf nie. Dit is te wyte aan die hoeveelheid preserveermiddels wat hulle bevat.

"Dit het geen reuk nie, dit is basies gemummifiseer. Jy kan dit optel, dit omdraai en die kaas en piekel in die burger sien,“ het dr Jacqueline Vaughn aan MailOnline vertel.

"Selfs in die somer, wanneer hier miere is, kom die goggas nie naby die kos nie,” het sy gesê. Die eksperiment is uitgevoer met die doel om aan pasiënte te toon presies hoe sleg kitskos vir ons liggame kan wees. Kalsiumbrobinaat, ’n preserveermiddel, word dikwels in Amerika in kitskosse gebruik, aangesien dit die kos vir langer tydperke vars en eetbaar laat lyk.