[caption id="attachment_130327" align="alignnone" width="600"]Die Amerikaanse ruimtevaarder Scott Kelly het ’n foto op Instagram gedeel wat aan boord van die IRS geneem is. Die Amerikaanse ruimtevaarder Scott Kelly het ’n foto op Instagram gedeel wat aan boord van die IRS geneem is.[/caption]

Die Internasionale Ruimtestasie (IRS) sal van 29 Junie tot 7 Julie van Suid-Afrika sigbaar wees.

Vanweë sy grootte, weerkaats die stasie ’n groot hoeveelheid sonlig, wat dit die grootste ster in die naglug sal maak wanneer hy verbybeweeg.

Lees ook: Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .

Die enorme struktuur weeg amper 453,59 metrieke ton en is 108,8 m wyd. Om dit in perspektief te plaas: Dit weeg meer as 320 motors en is omtrent so lank soos ’n rugbyveld.

Lees ook: SA navorsers help Nasa ‘ruimterommel’ opruim

Die Amerikaanse ruimteagentskap Nasa het ’n funksie op hul webtuiste waar jy kan kyk wanneer jy die IRS oor jou stad of dorp kan sien beweeg. Ons het van die groot stede onder ingesluit, maar jy kan self ook die funksie gebruik by: .

Het jy al jou kaartjies vir die Gateway to Space-uitstalling bespreek? Klik hier vir ’n vinnige kykie na wat op jou wag.

Bronne: Nasa, ISS observation, Weg