’n Bloemfonteinse paartjie het ’n sprokiesmooi-troue in ’n strokiesprentboekwinkel in die stad gehad berig Volksblad.

Daleen van Wyk (21) en Rider Haggard (32) het ewige trou aan mekaar tussen hul gunsteling-strokiesprenthelde in die winkel Red Claw Comics in die Loch Logan-waterfront belowe.

Die paartjie is albei aanhangers van die Star Wars-sage (hoewel Rider ook baie van He-Man hou) en hul ringe was vas aan ’n Yoda-figuur.

Die paartjie was vier jaar lank vriende en het skaars drie maande lank uitgegaan voordat hulle getrou het.

Sien meer foto’s van hul troue hier.