Die Paddinton-aktrise is blykbaar so versot daarop om aan die glibberige gediertes te vat, sy maak by amper elke geleentheid seker daar slange is en soms ander wilde diere ook.

Die 47-jarige Nicole is gebore in die VSA, maar het grootgeword in Australiƫ. Sy skryf haar liefde vir diere toe aan al die diere waaraan sy kleintyd blootgestel is.

Die Australiese skoonheid is getroud met die sanger Keith Urban en hulle het twee kinders, Sunday (6) en Faith (4). Sy was bang haar kinders sou dalk bang wees vir die slange en het maar liewer die slange vir verlede jaar se Halloween-partytjie laat staan.

Dit blyk gelukkig daar wag nog baie opwindende partytjies op die kinders.

Bronne: FemaleFirst.co.uk en Yahoo News