[caption id="attachment_166221" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Foto: Cover[/caption]

Die 29-jarige akteur, wat Hugh (48) se assistent speel in die sirkus-musiekblyspel The Greatest Showman, was verlede maand so ampertjies in vlamme gehul toe hy ’n brandtoneel skiet vir die biofliek oor P.T. Barnum. Hy sê dis te danke aan Hugh dat hy vandag lewe.

“Dit het laat geraak en van die pirotegnieke het ’n bietjie te warm geraak,” het Zac Dinsdag by CinemaCon in Las Vegas aan MTV News gesê.

“Ons het by die gebou uitgebars. Dit het wonderlik op kamera gelyk. Ons het dit nie toe geweet nie, maar dit was nogal intens. Ek het dit oorgekyk en hy (Hugh) het my basies uit ’n brandende gebou gered. Dit het later die aand ontplof. Die stel het afgebrand.

“Dit was nogal koel,” skerts Zac. “Hugh Jackman wat jou uit ’n brandende gebou red -- dis mos elke meisie se droom!”

Die foutiewe pirotegnieke (vuurwerkkuns) het groot skade aan die Brooklyn Navy Yard in New York aangerig waar die toneel verfilm is.

Die New York Post het berig sowat 100 brandbestryders was op die toneel om die brand te blus en hulle het aanvanklik gesukkel om dit te beheer.

“Die vlamme het by die dak uitgekom,” het ’n bron vertel. “Dit het regdeur die dak gegaan en ’n klomp groot ligte laat smelt.”

Hoewel meer as 150 mense op die stel was terwyl die reddingstoneel geskiet is, is niemand beseer nie.

The Greatest Showman begin eers op Kersdag in rolprentteaters in Amerika draai.

© Cover Media