Alexa Sexton en ’n handjievol vriende het op 25 April in Bristol rondgery. Hulle het onder meer kos geneem vir mense wat lank in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal gewag het. Ook die brandweermanne het by die weldade baat gevind – hulle het ontbyt gekry.
Ook die brandweermanne het by die weldade baat gevind – hulle het ontbyt gekry.

Alexa vertel sy was ‘n bedorwe brokkie en het geglo dat die wêreld draai om haar. Nadat sy egter sowat ‘n jaar gelede gedoop is, het haar lewe soos ‘n handomkeer verander. Sy sê dat sy nou graag met God se liefde mense wil raak.

Sy beplan om dit van nou af jaarliks haar verjaardag op dié manier te vier en hoop dat haar 12-jarige sussie, Abbie, ook in haar weldaad-voetspore sal volg.

Bronne: Bristol Herald Courier, Yahoo News