Oktober is nogal ’n indrukwekkende maand in musiekkringe: Rod Stewart is tot ridder geslaan en Sting het die BMI-ikoonprys gewen. Albei sangers is reeds dekades lank in die kalklig, maar sou ons steeds so mal oor hulle gewees het as hulle onder hul doopname opgetree het?

Kyk na hierdie nie-juis-ruk-en-rol-nie name van van die gewildste rockers.

Roderick Stewart (71)

Celebrities at the ITV studios

Roderick, oftewel sir Rod, vermaak bewonderaars al sedert die 1960’s en dit lyk of sy gewildheid nog geensins getaan het nie. Al het die sanger nooit werklik sy naam verander nie, het hy die laaste vyf letters weggelaat en dit laat hom meer na ’n ruk-en-roller klink.

Gordon Sumner (65)

Songwriters Hall Of Fame 44th Annual Induction And Awards - Backstage

Die sanger en liedjieskrywer wat as Gordon Sumner gebore is, het sy verhoognaam gekry toe hy in die 1970’s lid word van die “new wave”-rockgroep The Police. Met 17 albums agter sy naam, onder meer een wat in November bekendgestel word, was dit beslis ’n slim plan om Gordon te verruil vir Sting.

Reginald Dwight (69)

2014 Bonnaroo Music & Arts Festival - Day 4

Niemand met die naam Reginald gaan sommer konserte oral in die wêreld uitverkoop nie – iets waarvan Elton John maar alte bewus was toe hy met ’n sangloopbaan begin het. Met vyf Grammy-pryse, ’n Oscar en ’n Tony in sy trofeekas is dit duidelik die jong Reggie het die regte besluit geneem.

Chaim Witz (67)

John Varvatos 13th Annual Stuart House Benefit Presented By Chrysler With Kids' Tent By Hasbro Studios

Die Kiss-rocker Gene Simmons is in Israel gebore en was in 1973 medestigter van dié supersuksesvolle groep. Chaim het nie net sy naam afgeskud nie; hy het ook sy beeld verander en Kiss was gou bekend vir hul kenmerkende swart-en-wit gesigsgrimering, pikswart hare en glansryke rock-uitrustings op die verhoog.

John Michael Osbourne (67)

Ozzy Osbourne and Corey Taylor Special Announcement Press Confer

John Michael Osbourne is ’n taamlik alledaagse naam en laat jou beslis nie dink aan iemand wat tydens ’n verhoogoptrede ’n vlermuis se kop sal afbyt nie. Gelukkig was die rocker lankal nie meer as Johan bekend toe sy alter ego, Ozzy Osbourne, gehore wêreldwyd geskok het nie.

© Cover Media