’n Eersteklasreis na Israel en ’n vampier-borsbehandeling – ons loer in die Oscar-benoemdes se uitspattige geskenkpak van R3,1 miljoen!

[caption id="attachment_118829" align="alignnone" width="601"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Of dit die omstrede eersteklasreis na Israel of die seksspeelgoed is, een ding is seker: Vanjaar het die dekade oue tradisie dalk te ver gegaan.

Die benoemdes wat ’n Oscar misgeloop het, kry sedert 1989 ’n sak propvol peperduur geskenke (want almal het immers ’n gratis vakansie nodig as hulle ’n goue beeldjie ontsê is).

Lees ook: Proteas rap en wys Pitbull ’n ding of twee in dié koel video

Die bemarkingsmaatskappy Distinctive Assets het in 2002 die praktyk gekommersialiseer deur die “nie-amptelike” geskenkpak te begin.

Sedertdien gee die maatskappy vir die beroemde benoemdes ’n spul promosiegeskenke wat ál buitensporiger raak en wat organiseerders van die Oscars elke jaar meer en meer irriteer.

Vanjaar het Distinctive Assets egter te veel mense omgekrap. Die akademie dagvaar hulle nou oor die “minder-as-heilsame aard van sommige van die produkte” in die geskenkpakke, wat elk R3,1 miljoen werd is.

Die akademie verwys waarskynlik na produkte soos die laservibrator en daggaverdamper (albei sowat R4 000 elk werd).

Dan is daar natuurlik die volksvreemde Vampire Breast Lift, wat behels dat jou eie bloed getrek, die plaatjies geskei, groei gestimuleer en dit dan terug in jou borste gespuit word,” berig Yahoo News.

Lees ook: Hier is hoe jy dalk jou kans op borskanker kan verlaag

“Die akamedie het verlede jaar vir Distinctive Assets sonder ’n hofsaak probeer berispe oor hul vals en inbreukmakende optrede, maar ek het nou geen ander keuse as ’n hofsaak nie,” het ’n woordvoerder vir die akademie gesê.

“Distinctive Assets se voortgesette gebruik van die akademie se handelsmerk, maak nie net inbreuk daarop nie, maar daar is ook die moontlikheid dat dit die eiesoortigheid daarvan kan verminder en hul welwillendheid kan skade berokken,” berig Variety.

Die hele gedoente het natuurlik net die publiek se nuuskierigheid laat opvlam oor wat in die geskenkpakke is.

Hier is ’n kykie:

  • A Vampire Breast Lift ter waarde van R29 500 ($1 900).
  • Lewenslange voorsiening van Pu-erh Tea Nourishing Cream en Pu-erh Tea Cleansing Bar ter waarde van R485 000 ($31 200).
  • ’n Privaat staptoer in Japan vir tot 15 dae van R839 000 ($54 000).
  • Plastiese chirurgie-geskenkbewyse van R85 900 ($5 530).
  • ’n Laservibrator van R3 900 ($250).
  • ’n Daggaverdamper van R3 900 ($250).
  • ChapStick (vir hul lippe) van R93 ($6)

Skakel môreoggend 03:30 in op DStv-kanaal 103 vir ’n regstreekse uitsending van die Oscars. Alternatiewelik word dit ook Maandag-aand 19:30 op M-Net (kanaal 101) herhaal.

– Kirstin Buick

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vaaljan ‘Wikus van de Merwe’ van District 9-faam haak af met sy SA skoonheid

Dramatiese reddingspoging ná man glo weier om van 40 m hoë kragpaal te klim

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

Seer knieë? Probeer botoks

Ses redes waarom jy meer groentee behoort te drink

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’