A post shared by Luke Evans ? Fanpage (@angdrcl) on

Luke was eers verleë toe Ellen DeGeneres tydens ’n voorskou van sy debuutverskyning op haar geselsprogram foto’s van hom sonder hemp wys. Dié foto’s het in die sosiale media verskyn.

Maar wat hom bloedrooi laat bloos, is beeldmateriaal wat hy self deel en waarop hy saam met die superster Adele sing.

Op verlede Maandag se program verduidelik hy: “Dis ek wat Adele se liedjies in die sitkamer sing. Ek is Adele se grootste bewonderaar. My ma (Yvonne) is op die klein iPad op die skerm, as julle dit kan sien, en ek sing . . .

“En hier is ek besig om When We Were Young uit te galm. Dit is wat ek op ’n Sondagoggend doen, mense: Ek leer Adele se snitte . . . Kan ons nou ophou?”

Die aantreklike ster van High Rise lag in sy hande terwyl hy byvoeg: “Ek FaceTime my ma wanneer ek ’n nuwe liedjie geleer het; sy is dol daaroor. Sy sê vir my of ek dit liewer moet los en of ek dit miskien ’n bietjie beter moet leer. Nou sing ek dit heeltyd.”

Die 37-jarige ster vra voorts of Adele agter hom gaan verskyn en sê grappenderwys hy “weet wat op dié program gebeur”, maar Ellen moet hom inlig dit gaan ongelukkig nie gebeur nie.

Sy het wel een verrassing: ’n stort, kompleet met ’n stortgordyn waarop Adele haar hart op ’n konsert uitsing – en langsaan ’n foto van ’n hemplose man met ’n handdoek om sy middel gedraai en ’n gat geknip waar die gesig moet wees.

Luke spring sommer gou op, druk sy gesig deur die gat en begin om When We Were Young uit te galm terwyl die gehoor skreeu van die lag.

© Cover Media