Rochelle, ’n kunsonderwyseres, beweer haar maag het gedraai toe sy die vlerke, pote en bekkies raaksien. Dit het soos twee klein kuikentjies s’n gelyk. “Ek was besig om ’n ligte ete te berei en het die tinfoelie van een van die viskoekies afgetrek toe ek ’n gediertetjie in een van hulle gewaar. Dit het vere, vlerke en ’n snawel gehad. Dit was duidelik ’n kuiken. Ek was skoon naar op die maag.” Volgens Rochelle het sy dit dadelik vir haar vriend gewys. Hy was seker sy het ’n fout begaan, maar toe kyk hy van naderby en besef daar is in werklikheid dooie voëltjies in die kos wat sy wou gaarmaak. Rochelle, wat ’n dogtertjie van vyf maande het, het dadelik deur hul webtuiste met die supermark in verbinding getree waar sy die afskuwelike viskoekies gekoop het. Hulle het haar onmiddellik gebel. Sy sê “hulle het verskoning gevra en versoek dat ek die koekies terugbring winkel toe. Hulle het selfs aangebied om ’n koerier te stuur – hulle was duidelik gretig om dit in die hande te kry”. Rochelle het hulle bedank en aangebied om self die produk by die winkel af te laai nadat sy ’n klompie foto’s as bewys geneem het. Aldi, die kleinhandelaar in die VK, het intussen die produk uit die winkel verwyder en ondersoek nou die saak.

Bronne: dailymail.co.uk, mirror.co.uk