En jy sal nie glo dié man gedoen het om sy 21ste wêreldrekord op te stel nie!

Dié keer het hy die perke selfs verder verskuif deur al sy tande te laat verwyder net sodat hy 500 strooitjies en 50 brandende kerse in sy mond kan sit.

Har het sy eerste rekord in 1990 opgestel toe hy 1 001 uur op ’n bromponie gery het.

Sy liefde vir rekords het hom na buitengewone dinge gelei, insluitend om pizza af te lewer van Nieu-Delhi, Indië, in San Francisco in die Verenigde State en om ’n bottel tamatiesous binne 4 minute te drink.

Hy het selfs sy vrou, Bimla, nader getrek wat sedert 1991 die rekord hou vir die kortste testament wat tot dusver geskryf is: “All to Son.”

Rishi, wat bekend geword het nadat hy 500 tatoeëermerke op sy lyf laat aanbring het, het gesê dat sy grootste uitdaging was om 500 strooitjies in sy mond te druk.

Om die rekord op te stel, moes hy al sy tande verwyder om die strooitjies in sy mond te laat pas.

Bronne: Mashable, Reuters

Bronne: Mashable, Reuters

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder