In die video maak die ma ’n houtsluitkas oop en haal ‘n benoude klein seuntjie daaruit nadat verstomde werkers die kind gehoor huil het.

Die skokkende voorval het by ’n badhuis in Yangjiang, Guangdong, in China plaasgevind. Die kind se pa en sibbe staan ook in die video rondom die sluitkas.

Die ouers het glo die kind in die klein sluitkas gehou omdat hulle nie geld op ’n kinderoppasser wou uitgee nie, berig Kan Kan News.

Die voorval het woede in die sosiale media in China ontlok, met een persoon wat die ouers se optrede “onverantwoordelik” en “onverskillig” genoem het. Nog een het gesê: “Die kind het magteloos gelyk toe hy uitgehaal word.”

Daar is nog nie bevestig of die polisie van die voorval in kennis gestel is nie.