Die etes was vir werkers wat oortyd gewerk het, sê Ndivho Lukhwareni, die stad se strategiese uitvoerende hoof vir die koördinering van dienslewering.

Die munisipale woordvoerder Lindela Mashigo het na bewering gesê die stad sou Donderdag op die koerant se vrae reageer.

Die stad se tenderstatistiek vir Augustus verlede jaar, wat Vrydag op ’n portefeuljevergadering oor die munisipaliteit se openbare rekening ter tafel gelê is, weerspieël die bedrag wat aan die kos bestee is.

Die koerant berig die vrae op die vergadering het verband gehou met hoeveel mense oortyd moes werk sodat daar in een maand soveel aan kos bestee kon word, watter werk hulle gedoen het en die soort kos wat verskaf is.

Die tenderstatistiek het vyf kontrakteurs gelys aan wie in 2012 ’n kontrak toegeken is om kospakkies van R15 miljoen te verskaf en af te lewer.

Lede van die portefeuljekomitee verwag formele antwoorde wanneer hulle in Januarie weer byeenkom.

Bron: Sapa/mar/TK