Die Britse kroegketting Hungry Horse kom onder skoot omdat hulle ’n burger geskep het wat amper 100 persent van ’n vrou se aanbevole daaglikse inname van 8 351 kilojoules bevat.

doughnutburger-fb

Die Double Donut-burger bestaan uit twee beesvleiskoekies bedek met kaas, vier repe spek en braaisous tussen twee verglanste ring-oliebolle.

Kritici noem dit onverantwoordelik en “’n hartaanval op ’n bord”.

Die Double Donut-burger word geadverteer met die trefreël: “So verkeerd, dis reg”. Dit bevat 53 g versadigde vet, veel meer as die daaglikse toelae van 20 g vir vroue en 30 g vir mans.

Die allemintige 8,2 g sout daarin is ook meer as die aanbevole daaglikse hoeveelheid van 6 g vir volwassenes.

Bronne: BBC, The Mirror