Jamie Dornan gaan glo R81 miljoen betaal word om in die volgende twee Fifty Shades of Grey-flieks te speel.

Nadat die fliek verlede maand uitgereik is, is gegons Jamie sou nie die rol in die opvolgflieks, Fifty Shades Darker en Fifty Shades Freed, hervat nie, maar ’n woordvoerder het kort daarna gesê die gerugte is onwaar. En nou is die Brit glo ’n reuse bedrag aangebied om in die res van die flieks te verskyn. “Jamie het die ooreenkoms onderteken en hy is baie opgewonde. Hulle het hom ’n aardige bedraggie aangebied. Hy was eers baie bekommerd dat hy ná 50 Shades of Grey net rolle soortgelyk aan dié van Christian Grey sou kry en dat dit sy loopbaan op langtermyn sou benadeel,” het ’n bron aan die Britse koerant The Daily Star gesê.
'Hy was op die punt om weg te stap van die fliekreeks.'

“Hy was op die punt om weg te stap van die fliekreeks toe die fliekbase hom die reuse bedrag aanbied.”

Dis omtrent ’n groot verhoging as jy kyk na die oorspronklike bedrag van R1,4 miljoen wat hy glo betaal is.

Daar is bespiegel Jamie sou nie in die opvolgflieks speel nie omdat sy vrou en die ma van sy dogter, die aktrise Amelia Warner (32), ongelukkig was oor die stomende tonele tussen haar man en Dakota Johnson (25), wat die onderdanige Anastasia Steele speel.

Dit is glo ook onwaar. “Amelia het glad nie ’n probleem daarmee nie, maar Jamie is te verleë om haar toe te laat om die gewaagder tonele te kyk,” sê die bron.

En Jamie hoef hom glad nie te bekommerd dat die rol sy reputasie sal skade doen nie, want hy het pas die hoofrol in Sean Ellis se eersdaagse oorlogdrama Anthropoid losgeslaan.

Hy gaan glo teenoor Cillian Murphy (38) van 28 Days Later en Inception ’n Tsjeggiese soldaat speel.

© Cover Media