Hy is ten volle bewus van verskeie padverkeersreëls en ook wanneer daardie rooi lig beteken jy moet stop. Toe die kannetjie saam met sy pa gery het, het hy behoorlik rooi gesien toe sy pa, Michael, juis daardie belangrike rooi verkeerslig ignoreer.

Vir Robbie het dit nie saakgemaak dat sy pa, ten spyte van die rooi verkeerslig, wel wettig regs kon draai nie. Al wat hy geweet het, is dat iemand van hierdie oortreding moet weet. En hoe gouer hoe beter. Lees ook: Stop! sê die rooi lig. Maar weet jy enigsins hoekom? Vir Robbie, wat reeds besluit het hy gaan eendag ’n polisieman word, was sy pa se optrede net een te veel. Tuis gekom het Robbie reguit op die telefoon afgepyl en 9-11 gebel.

“Uhm, my pa het oor ’n rooi lig gery,” was sy eerste woorde aan operateur wat die oproep beantwoord het. Hy het verder gegaan en die motor beskryf waarmee hulle gery het toe sy pa die “gevaarlike” ding gedoen het op pad om die motor te laat was. “Hy was in ’n splinternuwe motor, my ma se motor,” het hy voortgegaan. Michael was nog ewe besig om ’n braaivleisvuurtjie aan te steek toe Robbie die telefoon aan hom oorhandig. Die stem aan die ander kant was dié van ’n lid van die Quincy-polisie.

Michael het ewe verleë om verskoning gevra waarna die operateur hom gerusgestel het dat alles in orde is.

Dit is onseker of Robbie se ma so vergewensgesind was as die 911-operateur . . .

Luister hier na die gesprek.

center>

Ander stories op Huisgenoot.com

Hartbrekende nuus vir Taylor Swift

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Prinses Charlene word weer tannie – kyk dié skattige foto’s!

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

#SpeelSaam: Kyk of jy 10 verskille tussen die twee foto’s kan raaksienPa neem ma se rol vir ’n dag oor – en besef vinnig waarvoor hy hom inlaat