Toe die Greenville County se noodoproepsentrum die oproep beantwoord, was daar ’n kwalik hoorbare “hello” aan die ander kant van die lyn.

Lees ook: OJ Simpson-moordraaisel verdiep ná vonds

Die telefoonoperateur kon nie kop of stert uitmaak van die gesprek nie, maar het besef dis ’n kleuter wat in sy oor babbel. Hy het aanvanklik gedink iemand skeer die gek, maar het dit toe tog deur die plaaslike polisie laat opvolg.

Martha Lones, die sheriff se assistent, het besluit om self ondersoek te gaan instel.

Aaliyah se verstomde oupa het die deur oopgemaak en kon nie verstaan wat die polisie daar soek nie. Aaliyah se ma, Pebbles Ryan, was reeds by die werk. Hy het nie besef sy kleindogter het iemand gebel nie, wat nog te sê die polisie van alle mense. Lees ook: Van ‘plasentadrankies’ tot kriekmeel: Dié is die vreemdste kosgiere waarvan jy moet weet Net toe het Aaliyah die raaisel opgelos. Sy het die vriendelike assistent met ’n vrolike “hei” tegemoetgehardloop – met haar langbroek halfpad aangetrek. Martha het onmiddellik gesnap wat aangaan en Aaliyah op die trap maak sit. Toe help sy die kleine juffie om haar langbroek reg aan te trek en as ’n bonus maak sy toe ook haar veters vir haar vas.

Martha se beloning? ’n Stewige drukkie van ’n dankbare dametjie. Sy sê “dit was die hoogtepunt van my dag en ek was gek daaroor”.

En Aaliya se ma? Sy het die volgende op Facebook te sê gehad:

a mom

Bronne: Facebook.com, independent.co.uk

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Verpletterde’ Carl maak hart oop oor Oscar se appèl-uitslag

‘Ons wil die beste in die wêreld wees’ – sê Stormers-kaptein oor sy span se Superrugby-kanse

Hierdie vrou is verskriklik fiks – en boonop 36 weke swanger!

Munisipale verkiesing 2016: Registreer so dié naweek