Die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss vier vandag haar 24ste verjaardag.

Ná ’n jaar van roem en glans is sy terug op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat en besig om haar mediese studie te voltooi.

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on
Sy het vandeesweek hard voorberei vir haar verloskunde-eksamen, wat vandag plaasgevind het.
Lees ook: Rolene Strauss deel haar troufoto’s “Ek voel vry ná ’n suksesvolle verloskunderotering,” het die donkerkopskoonheid op Instagram gesê.

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Nou kan sy die naweek saam met haar geliefdes deurbring.
“Nou is dit tyd vir ’n gehaltetyd saam met my familie. Ek mis wel my man.” Lees ook: Ontmoet die nuwe Mej. SA! D’Niel Strauss, die Stellenbosse sakeman met wie sy in Februarie getroud is, is op ’n sakereis in Singapoer.

“Kom nou huis toe, asseblief,” het sy met ’n glimlaggende gesiggie op Instagram geskryf.

Baie geluk met jou verjaardag, Rolene. Ons hoop jy het ’n onvergeetlike naweek saam met jou geliefdes.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Eksklusief: Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

‘Hy’s nou by ons seun’ – Prince se eksvrou lewer roerende huldeblyk aan die man wat sy ‘altyd sal liefhê’

En daar vertrek die sonaangedrewe Solar Impulse 2 vir ’n reis om die wêreld!

Pop-ikoon sterf ná sowat drie dekades van sukses

Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is