Hy het meer as 25 kg geweeg toe sy eienares, Brooke Burton van die Amerikaanse deelstaat Ohio, hom in 2013 van ’n familielid aanneem. Brooke (26) studeer verpleegkunde en het die hondjie bitter jammer gekry. “Hy was so oorgewig dat ek nie met sekerheid kon sê watter hondesoort hy is nie,” het sy gesê. Sy vorige eienaar het hom net kaasburgers, pizza en ander mensekos gevoer.
'Hy was so oorgewig dat ek nie met sekerheid kon sê watter hondesoort hy is nie.'
Sy het Dennis op ’n streng dieet van droë hondekos geplaas en gereeld met hom gaan stap. Die hondjie weeg nou sowat 5,5 kg en is mal oor balspeel, eekhorings in die tuin jaag en met Brooke se ander honde speel. Dennis het soveel gewig verloor dat hy oor sy los velle begin val het en die stukke vel gereeld ontsteek het. Hy moes al drie operasies ondergaan om die oortollige velle te verwyder.

Bronne: Twitter, Yahoo News