Hy is bekend vir sy rol as Bart Kruger, die deli-eienaar in die sepie 7de Laan op SABC2. Maar deesdae maak Neil Sandilands in Amerika naam as Paco in die nuwe reeks Hap & Leonard.

[caption id="attachment_119028" align="alignnone" width="600"]Neil vertolk die rol van Paco in Hap and Leonard. Foto: SundanceTV Neil vertolk die rol van Paco in Hap and Leonard. Foto: SundanceTV[/caption]

“Ek het in 2007 na die VSA gekom met ’n groenkaart, maar het eers in 2014 permanent hierheen getrek,” vertel hy.

Hy het sommer gou werk gekry en met sy eerste oudisie vir die reeks House MD het hy die rol gekry.

“Dit was in 2010. Ek het gewonder hoekom mense dink dis so moeilik om werk hier in Hollywood te kry,” sê hy.

Al het sy Amerikaanse sukses gou opgedroog, het sy Suid-Afrikaanse bloed gesorg vir hoofrolle in flieks soos Die Ballade van Robbie de Wee, Musiek vir die Agtergrond en die Nederlandse film The Price of Sugar.

“Ek moes terugval na regisseurs- en naproduksiewerk. Soms het ek heinings vir my bure opgesit net om die pot aan die kook te hou.”

Hy het verlede jaar in Januarie ’n gasrol in The Americans vertolk en kort daarna het hy in die dramareeks The 100 begin speel.

Hy sal beslis weer in Suid-Afrika wil werk, vertel Neil.

“Dit bly die soort werk wat my die natuurlikste pas. Dit is my vaderland en Afrikaans is my moedertaal. Die teks is die belangrikste; ek sal weet as ek die teks lees en wanneer iemand my vra om hulle werk te interpreteer.”

Neil vertolk ’n prominente rol in Hap & Leonard, wat môreaand in Amerika begin wys. Sy karakter se naam is Paco en hy is ’n radikale leier waarna die FBI soek. Hy word erg gewond in ’n dodelike bomontploffing.

Saam met Neil verskyn James Purefoy (The Following) en Christina Hendricks (Mad Men) ook in die reeks.

Hier is ’n lokprent:

Bron: Channel24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake

‘Mense dink ek het my baba verkoop,’ sê ma van ontvoerde Worcester-baba

Negejarige sterf raaiselagtig tydens vlug

‘Die vonds wat die wêreld verstom’: Nuwe inligting oor seevarende mummie bekend