Die ooievaar het 25 Februarie (nie Dinsdag soos wat aanvanklik berig is nie) by die gewilde sangeres Riana Nel en haar man, Cornel de Beer, kom aanklop met ’n blou bondeltjie vreugde.

Haar eersteling voorspel net goeie dinge vir 2016. Die sangsensasie het 2015 reeds op die kruin van sukses gery. Riana het in 2015 twee Tempo-toekennings, ’n Ghoema- en ’n Sama-toekenning vir haar album Die Regte Tyd gewen.

Lees ook: Drie hoera’s vir Bobby en sy Annatjie se nuwe pienkvoet! Raai wat is hul pasgebore dogtertjie se naam?

Sy het in 2000 reeds as gospelsanger aandag getrek, maar in 2011 ook haar kommersiële voete begin vind. Haar eerste kommersiële album Die Moeite Werd was ’n wegholsukses.

In Junie 2014 het Riana aan Huisgenoot vertel hulle is nie haastig om met ’n gesin te begin nie.

Lees ook: Wonderlike nuus vir Elizma Theron en manlief Nico

“Ons is nog te besig en geniet ons tyd saam te veel. Ons reis graag of lê sommer op die bank na natuurprogramme en kyk.”

Sy het destyds wel verklap sy daarna uit om ma te word.

“Ek sal daarvan hou om swanger te wees. Dis ’n klein bondeltjie wat hier in jou maag groei . . . Die tyd moet net reg wees.”

? Die oorspronklike berig is aangepas.

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Celeste, ek het nooit jou kind uit jou arms gevat nie,’ sê Zephany se grootmaakma in hof

Woedende ma verneder haar ‘boelie-seun’ op Facebook