Die rapper Drake het in sy dronkenskap teksboodskappe aan Jennifer Lopez gestuur sedert hul paadjies ná ’n kortstondige romanse geskei het. Die man agter die treffer Hotline Bling maak die bekentenis op Free Smoke, die openingsliedjie van sy nuwe projek, More Life, wat Saterdag stroomdienste getref het.

A post shared by champagnepapi (@champagnepapi) on

Nadat hy sy beweerde eks in die liedjie noem, erken Drake Jennifer kry eintlik nie meer sy boodskappe nie omdat sy sedertdien haar selnommer verander het.

"I drunk text J.Lo/Old number, so it bounce back," sing hy. Drake en Jennifer is in Desember romanties verbind toe die Kanadese rapper twee van die superster se optredes in Las Vegas bygewoon en ’n intieme partytjie gehou het wat sy bygewoon het. Hy het die 47-jarige skoonheid toe glo met ’n diamant-halssnoer van R1,2 miljoen ($100 000) van Tiffany & Co. wat Jennifer op Instagram tydens haar Oujaarsaand-vieringe gedeel het.

#GoodTimes #GreatMemories #TheHomeTeam #HappyNewYears #Vegas

A post shared by Jessy Terrero Director (@jessyterrero) on

Die twee het niks verklap oor die aard van hul verhouding, wat glo vroeg in Februarie afgekoel het, maar Jennifer het toe beweer hulle het net saamgewerk.

“Ons het ’n liedjie saam gemaak en uitgehang,” het sy verlede maand op die rooi tapyt by die Grammy-toekennings gesê. “Ons het ’n wonderlike tyd gehad. Hy’s ongelooflik; ek het soveel liefde vir daai ou.”

Hulle het in Desember ’n lusmakertjie van hul liedjie met aanhangers in ’n Instagram-video gedeel waar hulle saam dans met ’n deel van die liedjie, Get It Together, wat in die agtergrond speel.

Maar dit klink nou of die liedjie aangepas en J.Lo se stem met dié van die opkomende Britse sangeres Jorja Smith vervang is.

Drake (30) het ook ’n gedeelte van Jennifer se debuutliedjie, If You Had My Love, in die liedjie Teenage Fever gebruik met ’n ander vroulike kunstenaar wat die koorgedeelte van die 1999-treffer sing.

Jennifer het nog nie kommentaar gelewer op Drake se verwysings na haar in sy nuwe liedjies nie. Sy het intussen aanbeweeg en gaan nou uit met die voormalige New York Yankees-bofbalspeler Alex Rodriguez.

© Cover Media