'Sê jy mense met gebreke moenie in die tronk wees nie?'

Tydens kruisondervraging het die aanklaer, adv. Gerrie Nel, die maatskaplike werker en toesigbeampte Annette Vergeer gevra: “Sê jy mense met gebreke moenie in die tronk wees nie?”

Annette het geantwoord: “Dit is nie wat ek gesê het nie. U Edele, ek probeer sê dit is moeiliker. Dit is moeilik vir ’n gesonde persoon. Dit sal dus moeiliker wees vir iemand met ’n gebrek.”

Sy het in die hof gesê dat Oscar ten spyte van sy gebrek “baie goed” oor die weg kom.

Annette het bygevoeg in die tronk kan die Paralimpiese atleet se beweeglikheid ingeperk word as sy kunsbene weggeneem word.

“(Dit kan ’n) geval van verkragting binne die tronk wees... bendeverkragting. Hoe kan ons sê hy sal nie daaraan blootgestel word nie?” het sy gevra. “Of sy bene weggeneem word of nie, hy sal daaraan blootgestel word.” Sy het bygevoeg: “Jy kan nie sy bene aan sy lyf vasgom nie.”

Gerrie het gesê daar is geen waarborg dat Oscar se bene weggeneem sal word as hy tronk toe moet gaan nie.