Onthou julle nog die herrie wat op sosiale media losgebars het oor of die rok wit-en-goud of blou-en-swart is?

Wel, nou is daar nog so ’n optiese illusie-gier wat die ronde doen.

Staar ongeveer 15 sekondes lank vir die kolletjie op die vrou se gesig hieronder links. Kyk dan dadelik na die oop ruimte regs.

Wat sien jy?

Die byna demoniese figuur verander eensklaps in ’n volkleur-prentjie van ’n vrou.

Die verskynsel staan as negatiewe nabeeld bekend en gebeur wanneer waarneming voortduur ná die ligstimulus op die retina gestaak is. Basies hou jou brein aan “kyk” na die prentjie en vorm so die beeld.

Vreemd, nè?