Die Tseggiese voortvlugtige Radovan Krejcír het Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg vir regter Colin Lamont gesê hy is oneerlik en bevooroordeeld.

[caption id="attachment_118352" align="alignnone" width="600"]Foto: Youtube Foto: Youtube[/caption]

Radovan, geklee in ’n wit T-hemp, het tydens sy vonnisverrigtinge opgestaan en in gebroke Engels aangekondig hy gaan vra dat Colin hom onttrek.

Radovan het homself verteenwoordig.

“U, edelagbare, is bevooroordeeld . . . en geregtigheid moet eenvoudig geskiet. Dit is my waarneming dat jy bevooroordeeld is. Jy is bevooroordeeld, onregverdig, onobjektief en oneerlik en bewese as vals.”

Colin het geantwoord: “Ja? Mnr. Krejcír, wat is die feite wat daardie gevolgtrekkings onderstreep.”

Die Tsjeggiese voortvlugtige het vir die regter gesê hy “plaas woorde” in van die getuies se mond.

Radovan het gesê Colin is deel van ’n sameswering teen hom. Hy het koerantberigte ontken dat hy deel was van ’n komplot om die regte te vermoor.

Kyk: VIDEO: Oscar Pistorius speel sokker in tronk saam met Radovan Krejcir

“Hoekom sal ek jou probeer vermoor?” het Radovan gevra.

Die koerant The Star het verlede week berig oor ’n beweerde komplot deur Radovan om Colin te vermoor.

Luidens die berig het Radovan ’n Europese sluipmoordenaar gehuur wat hom in Desember in die Kokstad C-Max-tronk probeer besoek het om ’n plan vir die sluipmoorde te bedink, maar beamptes het dit voorkom.

“’n Toppolisiebeampte het die volgende dag na die Kokstad-maksimumveiligheidsinstelling gehaas en al die videomateriaal geëis wat die gesigte van besoekers wys en beweer hy gaan die saak ondersoek,” het The Star berig.

Lees ook: Oscar oefen glo saam met Tseggiese skurk

In Augustus is Radovan aan poging tot moord, ontvoering en dwelmhandel skuldig bevind.

Hy was betrokke by die ontvoering en marteling van Bheki Lukhele, wie se broer, Doctor, na bewering verdwyn het met 25 kg van die dwelmmiddel tik wat aan Radovan behoort het.

Doctor het vir ’n vragonderneming by die OR Tambo Internasionale Lughawe gewerk en Radovan wou hê hy moes die dwelmmiddel uit die land help smokkel.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Friends-reünie groot teleurstelling vir lojale aanhangers

Rooibos se ‘ma’, dr. Annique Theron, sterf in die ouderdom van 86

Kyk: Oorstelpte vrou en haar hondekind ná maande lange soektog herenig

Kyk: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

Verkeersowerhede ‘getraumatiseerd’ oor padsterftes