Lazarus die kat is met ’n gesplete verhemelte gebore. Dié fisieke gestremdheid het hom sonder ’n sigbare neus gelaat, en gevolglik het sy ondertande vêr boontoe gegroei.

lazarus3

Ten spyte van sy eienaardige voorkoms slaag hy steeds daarin om duisende mense van oor die wêreld heen se harte te verower. Lazarus was 10 weke oud toe ’n student hom op die East Tennessee State University se kampus vind.

lazarus7

Hy was baie sieklik en het ’n mondinfeksie gehad. Desondanks het veeartse hom gesond gedokter. Vandag is Lazarus twee jaar oud en staan nou bekend as die Vampire Cat.

lazarus8

’n Onderwyser by ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes het hom aangeneem. Lazarus is nou ’n opgeleide terapie-troeteldier en word gebruik met ander diere wat gered is. Sy eienaar sê hulle hoop Lazarus kan ander mense bewus maak van diere wat hulp nodig het.

Met meer as 27 000 aanhangers op Facebook en 5 000 op Vine skrik niemand vir die katjie se voorkoms nie. Gaan kuier vir Lazarus op sy Facebook-blad, Care for Lazarus, of volg hom op Twitter.

Bronne: mashable.com, Facebook, YouTube