Ons het almal met Kolonel Sanders se “vingerlek-lekker” hoender grootgeword. Ja, daar is min van ons wat Kentucky Fried Chicken (KFC) kan eet sonder om behoorlik ons vingers af te lek!

via GIPHY

Maar wag tot jy sien hoe KFC in Hong Kong dié idee nou ’n stappie verder geneem het. Hulle het hoendergegeurde – en boonop eetbare! – naellak ontwikkel om jou daardie ekstra “vingerlek-lekker” ervaring te gee. Lees ook: Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop! ’n Onlangse verklaring, wat deur Racked.com gedeel is, sê KFC het die beperkte voorraad ontwikkel om klante die kans te gee om behoorlik die smaak en geur van hul hoender te waardeer.

“Die geure waarvoor KFC bekend is – die oorspronklike, warm en speseryagtig-resepte – is sorgvuldig uit natuurlike bestanddele geformuleer en tot eetbare naellak omskep en verpak.”

Die naelpolitoer lyk soos enige ander wat jy in ’n grimeerkunstenaar se laai sal kry en is in stylvolle glasbottels verpak sodat dit aanklank by jonger verbruikers met ’n liefde vir kos en die nuutste modegiere kan vind.

Lees ook: Man maak kunswerke uit vrugte en die eindproduk sal jou verstom!

“Wend dit aan, laat dit soos gewone naelpolitoer droog word en begin lek,” verduidelik die verklaring. “En weer en weer en weer om te proe waarom die wêreld se gunsteling hoender vingerlek-lekker is.”

Die produk word nie op grootskaal ontwikkel nie en Suid-Afrikaners sal maar moet wag om te sien of KFC dié interessante produk ook plaaslik sal versprei.

Bronne: BuzzFeed; Racked

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vriende gebruik oorlede vriend se as as aas – en vang ’n wenner

Eina! Ma breek eie dogter se been meer as 300 keer om te keer dat dit afgesit word

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte