Navid, ’n fotograaf, was van kindsbeen af gefassineer deur foto’s wat deur ’n Hubble-teleskoop geneem is en dit het veroorsaak dat hy ’n “wetenskaplike” geword het wat pragtige interstellêre beelde in die gerief van sy huis skep deur slegs gebruik te maak van kos (en soms ’n paar kathare).
Hy tower hierdie buiteruimtelike foto’s op deur doodgewone huishoudelike bestanddele, glase en ’n Epson-skandeerder te gebruik en hy noem die reeks Wander Space Probe. Navid se kreatiwiteit het veroorsaak dat meer as 3 000 mense hom op Instagram volg.
Sy Instagram-bladsy, @wanderprobe, verskaf verduidelikings van sy werk, van “kat-newel”, waar hy sy kat se pels gebruik, en “spiraal-sout-hemelruim” tot planetêre pannekoek. Lees ook: Dié mense, diere het al ’n draai in die ruimte gemaak “Ek het gedink dit sou prettig en opwindend wees om die projek rondom die idee van hierdie denkbeeldige ruimtetuig te bou wat in die uitspansel rondbeweeg en foto’s neem van wat hy teëgekom het,” het Navid aan ABC gesê.
Hy voeg by dat mense hulle vergis het en gedink het die projek het die werklikheid weerspieël, maar op die ou end moes hy verduidelik hoe hy die beelde saamstel. Navid verduidelik sy werk so: “Ek skep hierdie fiktiewe ruimtetonele deur kos bo-op ’n fotoskandeerder te plaas en dit dan met die deksel oop te skandeer. Die planete en mane word geskep deur die bodems van glase wat vloeistof bevat te skandeer, terwyl ek vir die newels ’n groot skinkbord gebruik met verskeie vloeistowwe daarin.”
Hy verduidelik ook dat die vloeistowwe van nature “atmosferiese draaie” skep wat op sy foto’s te sien is wanneer hulle gemeng word. “Die sterre en ander ligstippels word geskep deur speserye en ander bestanddele op die skandeerder se glas te sprinkel.”
Navid het aan BoredPanda vertel dit duur sowat twee tot drie uur voor hy ’n drukdstuk kry waarmee hy tevrede is. Hoewel sy skeppings denkbeeldig is, skram Navid nie weg van die gedagte van die realiteit van sy skeppings nie.

“Ek hou daarvan om te dink dat my skeppings moontlik werklik iewers in die eindelose onbekendheid van die kosmos kan bestaan.”

Psst...so gepraat van die ruimte

Het jy al jou kaartjies bespreek vir Gateway to Space: Die uitstalling? Gaan loer hier vir ’n agter-die-skerms-kykie en bespreek vandag nog jou kaartjie by Computicket.

GTS colour on black HG

BRONNE: BoredPanda, ABC, Instagram

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gita verlaat die Laan!

Sterre in futuristiese robot-pakke, lateksrokke laat die koppe draai by vanjaar se Met-gala

Aitsa! Die geheim agter Karlien van Jaarsveld se nuwe styl

29-jarige met Downsindroom verloor byna 50 kg in ongelooflike transformasie

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’