Voel jou mandjie skielik ligter al is dit gepak met net soveel noodsaaklikhede as altyd? Dis nie noodwendig net inflasie se skuld nie; dis ook die deflasie van produkte.

Gaan kyk mooi na die grootte van bierblikkies, die massa van sousboontjies en die gewig van sjokoladestafies. Dit word minder, maar kos dieselfde as voorheen.

Bottels het minder tamatiesous in; die velletjies op die rol kombuispapier wordminder. Al dié dinge word op die verpakking aangedui, maar wie lees dit nou elke keer dat jy gaan koop?

Die Sneaky Shrinking Packverskynsel,noem Wendy Knowler,’n gerespekteerde Suid-Afrikaanse verbruikersjoernalis, dit.

“Pleks dat die prys van die produk styg, verbloem die vervaardiger die feit dat dit duurder is deur dit in ’n effens kleiner verpakking te sit,’’ verduidelik sy. Wendy doen al jare navorsing hieroor. “Natuurlik vind die afskaling baie subtiel plaas sodat verbruikers dit nie eens sal agterkom nie,’’ skryf sy op haar blog, Consumer Watch.

“Ek sal net glo vervaardigers hoop nie heimlik verbruikers kom dit agter nie as daar op hul produkte se etikette duidelik staan: ‘Nou in ’n kleiner verpakking.’”

Lees meer in Huisgenoot van 23 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.