[caption id="attachment_159126" align="alignnone" width="600"]Foto: Wenn Foto: Wenn[/caption]

Polsiebronne het aan TMZ.com gesê die diewe het verlede Donderdag by die rockster se huis in Brentwood ingebreek. Sy was nie tuis nie.

Nog items is moontlik saam met die juweliersware gesteel.

Die Kanadese rockster, wat verlede jaar vir die tweede keer ma geword het, was ook onlangs ’n slagoffer van ’n witboordjiemisdaad. Jonathan Schwartz, haar voormalige sakebestuurder, het in Januarie verlede jaar skuld erken op aanklagte dat hy R62,4 miljoen van haar gesteel het.

Jonathan, wat ook met Lady Gaga en Beyoncé saamgewerk het, het erken hy het die geld oor ’n tydperk van vier jaar geneem. Hy het ook gesê hy het sowat R22 miljoen van ander kliënte gesteel.

Ingevolge sy pleitooreenkoms moet hy tussen vier en ses jaar tronkstraf uitdien.

Alanis (42) het verlede jaar sy vennote by sy voormalige maatskappy, GSO Business Management gedagvaar, maar die saak ná ’n skikking laat vaar.

– Cover Media