Die polisie ondersoek ’n inbraak by die rapper Nicki Minaj se herehuis. Bronne het aan Billboard.com gesê meer as R2,3 miljoen ($175,000) se juweliersware en ander items is uit die Super Bass-rapper se huis in Kalifornië gesteel nadat een of meer onbekende diewe tussen 24 November en Januarie ingebreek het toe Nicki nie tuis was nie.

A photo posted by Nicki Minaj (@nickiminaj) on

TMZ berig inbrekers het glo ook die hip hop-musikant se huis vernietig, meubels omgegooi en fotorame en parfuumbottels gebreek. Daar is nog geen verdagtes nie en die ondersoek na die rooftog duur voort. Nicki se jaar het op stormagtige wyse afgeskop – sy’t glo haar verhouding van byna twee jaar met die rapper Meek Mill in Desember verbreek. Sy het gesinspeel daarop dat sy en Meek – sy regte naam is Robert Williams – uitgemaak het toe sy die lirieke aanhaal van Beyoncé se 2011-liedjie Best Thing I Never Had op Instagram: "Thank God u blew it. Thank God I dodged the bullet. I'm so over u. Baby good lookin out".

A photo posted by Nicki Minaj (@nickiminaj) on

Sy’t amptelik aangekondig dis verby toe sy twiet: “Ek wil bevestig dat ek ’n enkelloper is. Ek fokus op my werk en sien uit daarna om dit binnekort met julle te deel. ’n Geseënde nuwe jaar. Lief vir julle.”
Maar dit gaan darem nie net sleg met haar nie – dit lyk of dit voor die wind gaan met haar ander persoonlike verhoudings nadat haar en Meek se paadjies geskei het.

A photo posted by Nicki Minaj (@nickiminaj) on

Sy’t onlangs met haar ou pel Drake op Instagram herenig en ’n foto van hulle saam gedeel – die eerste keer sedert die Kanadese rapper agter die treffer Hotline Bling in 2015 in ’n aanlynbekgeveg met Meek betrokke was.

© Cover Media