Die popster Justin Timberlake en die Hollywood-aktrise Jessica Biel het die afgelope feesseisoen verloof geraak, het bronne na aan die paartjie aan Us Weekly gesê.

Volgens bronne het Timberlake en Biel tydens ‘n ski-vakansie verloof geraak. Hulle het vier jaar uitgegaan.

Die sangsensasie en akteur het Biel op die berge van Jackson, Wyoming, gevra om met hom te trou.

“Justin weet hoe baie sy daarvan hou om sneeuplank te ry... so dit was die perfekte plek,” het ‘n bron gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.