Justin Bieber en Selena Gomez is vir ’n “proeftydperk” terug bymekaar.

Die aan-af-paartjie het onlangs hul romanse hervat, maar Selena ( 20) hou vol dis nie ’n onbepaalde reëling nie, want sy is bang sy kry weer seer.

’n Bron het aan HollywoodLife.com gesê: “Justin en Selena gaan uit, maar hulle vat dit stadig. Die paartjie het nou jare se ondervinding en is meer volwasse oor die verhouding. Hulle weet nou wat op die spel is.

“Selena wil nie hê haar hart moet gebreek word nie en beskou dit beslis as ’n proeftydperk in hul verhouding. Sy benader dit baie versigtig.

“Toe hulle die eerste keer begin uitgaan het, was dit wonderlik, maar hulle was te jonk en dit was te veel. Hull het nie eens geweet wat liefde is nie en sy het deurmekaar geraak.”

Selena het onlangs onthul sy bring graag tyd deur saam met haar vriendin Taylor Swift, want sy gee goeie raad oor verhoudings. Taylor het al met sterre soos Harry Styles, Jake Gyllenhaal en John Mayer uitgegaan.

Selena het bygevoeg: “Ek is dol oor Taylor; sy is die beste. Ek hou van haar, want sy is koel, gewoon en nederig, en beslis die meisie wat jy wil bel wanneer jy hartseer is.”