Die 20-jarige sanger word daarvan aangekla dat hy meer as R210 000 skade veroorsaak het nadat hy vroeër vanjaar sy bure se huis is Calabasas, Kalifornië, met eiers bestook het. Volgens TMZ.com gaan hy nou glo later vandeesweek van die misdaad aangekla word.

Dit is nog nie bekend of die gekwelde ster van ’n misdryf of misdaad aangekla gaan word nie, maar ’n senior ondersoekbeampte in die saak meen Justin moet so swaar moontlik gestraf word.

Dave Thompson het gesê: “Ek het ’n span mense in die huis gelei waar daar gewapende sekuriteit is. Ek sou dit nie met ’n gewone misdryfsaak gedoen het nie.”

In Kalifornië gaan ’n misdryf-aanklag van vandalisme gepaard met een jaar tronkstraf en ’n maksimum boete van R105 000.

Maar ’n misdaad-aanklag het swaarder gevolge; die sanger – wat tydens die oortreding glo afgeneem is – kan tot drie jaar tronkstraf en ’n boete van tot R525 000 opgelê word en ’n proeftydperk moet uitdien as hy skuldig bevind word.

Intussen het Justin ander regsprobleme; hy gaan na bewering skuldig pleit op ’n aanklag van roekelose bestuur. Hy is in Januarie in Malibu, Kalifornië, in hegtenis geneem nadat hy glo aan onwettige motorresies deelgeneem het.

Kyk die video hier: