Justin (19) het Addison Ulhaq glo verlede naweek aggressief gekonfronteer in die BBP-deel van die nagklub Social Room in Columbus, Ohio, nadat hy gehoor het die platejoggie het foto’s van hom geneem.

Hoewel Addison nie ’n klag teen hom ingedien het nie, wil hy hê die voorval met “aangeteken” word. ’n Verslag wat TMZ in die hande gekry het, lui: “Die slagoffer het vertel die verdagte het vir hom gesê ‘sy ma is ’n teef, sy pa is ’n teef en hy is ’n teef’. Die slagoffer het gesê hy wil nie hê dit moet opgevolg word nie en wil net hê dit moet aangeteken word.”

Hy beweer Justin was bekommerd omdat hy minderjarig is en sê ’n lid van die sanger se gevolg het sy foon gegryp om te kyk of daar foto’s van hom in die klub is. Daar was niks.

Die platejoggie is ná die beweerde voorval vir hepatitis getoets, maar die uitslag was negatief. Justin se woordvoerder wou nie kommentaar lewer nie, maar ’n bron na aan hom het gesê: “Dit het baie goed gegaan op die toer en dis baie hartseer dat iemand ander mense se ongegronde bewerings na-aap net vir die aandag.”