[caption id="attachment_82025" align="alignnone" width="600"]Foto: www.twitter.com/HasSwagJustin Foto: www.twitter.com/HasSwagJustin[/caption]

Die 20-jarige popster het sy rooi Ferrari in Wes-Hollywood, Kalifornië, bestuur toe die botsing plaasvind, berig X17 Online. Volgens hulle sê getuies Justin het remme aangeslaan om die fotograaf in die Toyota Prius agter hom onverhoeds te betrap. Maar sy beweerde plan het nie gewerk nie, want die Prius het hom toe getref. Die Baby-sanger se peperduur motor het nou blykbaar ’n skraap. ’n Woordvoerder vir die Wes-Hollywood-balju se kantoor het die webtuiste vertel ondersoekers probeer steeds vasstel wie die skuldige is.

'Prinses Diana se dood moes vir ons ’n les gewees het.'
Justin het Dinsdagmiddag iets daaroor op Twitter gesê. “Dit wat pas met my gebeur het, moet deur die wet verbied word. Prinses Diana se dood moes vir ons ’n les gewees het,” het hy getwiet. “Ek het nie ’n probleem met steelfotograwe nie, maar wanneer hulle roekeloos optree, plaas hulle ons almal in gevaar.”

Dit blyk Justin het in die afgelope ruk baie in Los Angeles opslae gemaak.

Hy jaag sy bure in Beverly Hills glo die harnas in met sy luidrugtige partytjies. Die ster bestee na bewering sowat R304 000 [$29,000] per maand aan huur vir ’n huis in die Hollywood Hills. Dit het ’n gim, spa, 10 slaapkamers en ’n nagklub vir ’n wegbreek van al die drama.

Radar Online het berig dat hy nou versigtiger is nadat die polisie vroeër vanjaar sy huis in Calabasas deursoek het. Dit volg op ’n voorval waar hy glo ’n buurman se huis met eiers bestook het en duisende rande se skade veroorsaak het.

Justin het nie die klag teengestaan nie en is ’n proeftydperk van twee jaar opgelê.

© Cover Media