’n Vyf-en-twintigjarige vrou beweer die 19-jarige sanger, teen wie ’n vals vaderskapeis in 2011 ingestel is, is die pa van haar dogter. Die twee het glo in Februarie 2010 ná een van sy konserte in Miami ’n nag van passie gehad. 

Sy voer aan hulle het ná sy konsert in ’n tak van die Amerikaanse restaurantketting TGI Fridays ontmoet en na sy hotelkamer in Gansevoort South gegaan. Sy beweer hulle het daar saamgeslaap en sy het in Oktober daardie jaar ’n babadogter gekry.

’n Bron het aan die Amerikaanse tydskrif Star gesê: “Justin het nie daarvan geweet nie. Sy wil net haar baba beskerm. Sy wou haar en haar gesin uit die kollig hou. Sy lyk nogal baie soos Justin op daardie ouderdom gelyk het.”

Die publikasie het ook ’n teksboodskap gepubliseer wat Justin na bewering aan die onbekende vrou gestuur het. Daarin bedank hy die haar vir hul nag van passie en beskryf dit as “ons geheimpie?”

Maar bronne na aan die Beauty and a Beat-sanger beweer die vrou het die storie is versin.

’n Goeie vriend van die popster het aan MailOnline gesê: “Dis net hartseer dat iemand hom met sulke twak pla.”

Dit kom nadat die 20-jarige Mariah Yeater in 2011 ’n vaderskapeis teen Jusin ingestel het. Dié Amerikaner het beweer hy het haar kind verwek nadat die twee na bewering ná een van sy konserte agter die verhoog seks gehad het.

Justin het gesê hy sal DNS verskaf om te bewys hy is nie die pa nie, maar die hof het die saak later uitgegooi.