Justin Bieber is glo woedend vir sy vriende en het hulle uit sy huis geskop.

Justin, sanger van Beauty And A Beat, het glo onlangs sy vriende Lil Twist en Lil Za aangesê om sy huis in Calabasas, Kalifornië, te verlaat. Hy is woedend omdat sy duur juweliersware en ander persoonlike besittings weggeraak het terwyl hy uitstedig was.

’n Bron wat naby aan die sanger (19) is, het aan die skinderwebtuiste TMZ.com gesê Justin is woedend vir sy vriende. Terwyl hy uitstedig was om te werk het hulle in die huis gewoon en heelwat partytjies gehou.

Volgens die ingeligte het Justin, hoewel hy nie weet wie sy besittings gesteel het nie, gesê Lil Twist en Lil Za kan nie meer in sy huis woon nie.