Die Never Say Never-sanger het trots sy jongste tatoe gewys toe hy poseer het saam met die tatoekunstenaar Bang Bang wat in die kiekie na Justin se nuwe tatoe wys.

Die uiters realistiese oog verteenwoordig glo Justin se ma, Pattie Mallette, se wakende oog oor hom. Die tatoe is op sy linkerarm, net bokant die woord Believe wat die 19-jarige ster gekry het om die uitreiking van sy derde album te vier.

Justin het nou altesaam 16 tatoes, waaronder ’n portret van Jesus, ’n uil en ’n meisie wat lyk na sy eks, Selena Gomez. Hopelik is Bang Bang – wie se ander kliënte Cara Delevingne, Rita Ora en Rihanna insluit – beter behandel Justin se vorige tatoekunstenaar.

Guy Sahar het die popster ’n “bedorwe brokkie” genoem nadat hy in Maart na die sanger se hotelsuite ontbied is, waarna hy ure moes wag en net die helfte van sy rekening betaal is.

“Ek’s eers gevra om seweuur die aand na Justin se hotel te gaan, maar ek is daarna weer gebel en gevra om heelaand op bystand te wees. Ek is eindelik sesuur die oggend na die hotel ontbied. Daar is vir my gesê geld is nie ’n kwessie nie; daarom het nie ons oor die prys gepraat nie. Ek het vier uur lank tatoes op hom en sy platejoggie aangebring en hulle het my nie eens ’n glas water aangebied nie.”