Justin Bieber se pa het na bewering die gesin se hond by ’n gebou uitgegooi.

SPL272119_002

Maar die 39-jarige het blykbaar sy humeur verloor nadat die hond sy ander seun, Jaxon, “gebyt” het.

Volgens die skinderwebtuiste TMZ het Jeremy by sy huis in Kanada “woedend geraak” voor hy die hond van die tweede verdieping van ’n gebou gegooi het. Die hond het in sneeu geland en het blykbaar moeilikheid veroorsaak toe hy daar was.

TMZ beweer die troeteldier het opleiding nodig en het daarom vir Jaxon gebyt.

’n Hondeopleier, Trevor Dvernichuk, het na bewering gesê hy is gevra om die hond weg te neem en op te lei. Hy het steeds die hond.

Maar daar word nou beweer Jeremy was nie gelukkig met die aanname dat hy Karma verlaat het nie en het dus die polisie vertel dat Trevor die hond gesteel het.

Volgens die webtuiste beplan Trevor om die hond aan Jeremy terug te gee, maar wil ook regshulp inwin om vergoed te word vir sy tyd en moeite.

Justin sê het al voorheen met die gereg gebots. In 2002 het hy na bewering ’n 18-jarige meisie in die gesig geskop. Boonop het Justin se ma, Pattie Mallette, openlik beweer Jeremy het op die dag van Justin se geboorte in ’n geveg betrokke geraak en in die tronk beland.

Die Baby-sanger het ook vanjaar in die sop beland. Hy is weens dronkbestuur in hegtenis geneem en is ’n proeftydperk opgelê nadat hy sy buurman se huis met eiers bestook het.

© Cover Media