A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Die Biebs het onlangs sy aanhangers verras met ’n tatoe op ’n totaal onverwagse plek: sy gesig! Die 22-jarige sanger het ’n klein kruis naby die hoek van sy oog gekry.

Die tatoeërkunstenaar wat die tatoe geteken het, Jonathan “JonBoy” Valena, vertel aan die Amerikaanse tydskrif Us Weekly die popsensasie se hart was op die regte plek toe hy die tatoe laat aanbring het.

Lees ook: Kan jy raai watter belaglike Justin Bieber-foto die meeste ‘likes’ op Instagram het? “Justin het gisteraand ingekom en besluit op ’n klein kruis naby die hoek van sy oog,” vertel JonBoy. “Dit verteenwoordig sy geloof in Jesus en sy reis om ’n doel in God te vind.” Hier kan mens net-net die nuwe tatoe op Justin se gesig uitmaak:

Justin en sy boesemvriend, Joe Termini, wat dieselfde Hillsong-kerk in New York as Justin bywoon, het saam eenderse kruis-tatoes gekry.

Die popsensasie het ook op die ingewing van die oomblik partytjiegangers by ’n New Yorkse nagklub met ’n vertoning verras.

Maar nie al sy aanhangers was ewe beïndruk met sy nuwe ink nie.

Lees ook: Paris Jackson kry pragtige tatoe as huldeblyk aan haar pa

“Justin het ’n gesig-tatoe gekry, dink hy hy’s [die kletsrymer] Lil Wayne of iets?!” het een op Twitter laat hoor terwyl ’n ander gespot het: “As Justin Bieber regtig ’n gesig-tatoe gekry het, dring ek daarop aan om ’n terugbetaling vir die laaste 8 jaar te kry”.

Justin het reeds meer as 50 tatoes.

Sy gesig-tatoe is nie eintlik nie so ’n groot verrassing nie; hy het immers vroeër vanjaar gesê hy oorweeg dit om een op sy gesig te kry “wanneer hy ouer is”. Duidelik het dié ouderdom gouer eerder as later aangebreek...

Bronne: usmagazine.com, channel24.co.za

Ander stories op Huisgenoot.com:

Steve Carell deel hartseer nuus op Moedersdag

Dié intern het by sy werk gedut…wat sy kollegas volgende gedoen het sal jou laat skaterlag!

Jy dink dalk hierdie is ’n asemrowende ruimtefoto…maar die werklikheid sal jou verbaas!

Kyk die wonderlike oomblik toe blinde vrou ná 21 jaar weer kan sien

Kyk: Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd