Die sanger word nou deur aanklagte van aanranding en gevaarlike bestuur in die gesig gestaar, sê Kanadese polisie.

Die voorval het Vrydagmiddag plaasgevind naby Justin se tuisdorp, Stratford, Ontario.

Volgens berigte het Justin ’n vierwielmotorfiets bestuur toe hy met die voertuig bots.

Die klag van aanranding volg op ’n fisieke onderonsie tussen Justin en die fotograaf wat ná die botsing plaasgevind het, berig TMZ.

“Die ondersoek het onthul die bestuurder van die vierwielmotorfiets en ’n insittende van die voertuig was ná die botsing in ’n fisieke onderonsie betrokke,” het ’n woordvoerder vir die Ontario Provinsiale Polsie, Kees Wijnands, gesê.

Ná die inhegtenisneming is Justin vrygelaat “met die belofte om voor te kom” en gaan op 29 September in die hof verskyn.

Hy dien reeds ’n proeftydperk uit weens aanklagte van vandalisme nadat hy erken het hy het verlede Januarie sy buurman se huis met eiers bestook.

Hy het ook ’n geskiedenis van verkeersvoorvalle nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van roekelose bestuur en verset teen inhegtenisneming nadat hy vroeër vanjaar aan straatresies deelgeneem het.

Justin het as deel van ’n pleitooreenkoms in die saak sowat R550 000 [$50,000] aan liefdadigheid geskenk.

Justin is vroeër Vrydag afgeneem op wat blykbaar dieselfde vierwielmotorfiets is saam met sy aan-af-meisie, Selena Gomez.

Die foto’s is die jongste aanduiding dat die paartjie hul verhouding weer hervat.

Volgens berigte het Justin en Selena die naweek jy Justin se pa, Jeremy, se huis deurgebring.

© Cover Media