Die sanger sê in ’n 2-minute-video, wat Donderdagoggend vroeg geplaas is, dat sy “arrogante en verwaande“ houding die afgelope twee jaar slegs gedien het om sy ware gevoelens te verberg. Hy noem ook dat dit moeilik is om in die bedryf groot te word.

Bieber het “The Ellen DeGeneres Show“ Woensdag besoek en het beken dat hy ”op sy senuwees“ was oor sy optrede. Hy het nie geweet hoe mense teenoor hom sou reageer nie.

Die 20 jaar oue kêrel is verlede jaar behoorlik uitgejou by die Fashion Rocks-vertoning. Daar is ook met sy onlangse Calvin Klein-advertensie die spot gedryf. Sy onstuimige gedrag het gewissel van arrestasie vir bestuur onder die invloed van drank tot eiergooi-vandalisme en ’n onderonsie met die paparazzo.

Bieber het gesê hy wil hê die mense moet ook weet hy het ’n deernisvolle kant.

Kyk hier na sy veskoningsvideo: