Die sanger agter die treffer Baby, het glo die drankie – ’n mengsel van Sprite, Jolly Rancher-lekkers, kodeïen en prometasien – verlede maand gelos. Hy het die afgelope paar maande deurgeloop vir sy swak gedrag, en is daarvan beskuldig is dat hy verlede week met ’n aanhanger gestry het omdat dié ’n foto van hom wou neem.

’n Bron het aan die webtuiste TMZ.com gesê die 20-jarige sanger het besluit om die drankie te los en is nou obsessief oor oefen; hy dink die drankie belemmer die vordering wat hy in die gim maak.

Die bron het gesê Justin het ook meer tyd saam met sy bestuurder, Scooter Braun, en sy ma, Pattie Mallette, deurgebring sedert hy sy gefuif met sizzurp gelos het.

Nog ’n bron het onlangs gesê Justin, wat Saterdag saam met Paris Hilton, Bradley Cooper se meisie, Suki Waterhouse, en die model Daisy Lowe in Cannes, Frankryk, uitgehang het, is vasbeslote om weer op die regte spoor te kom en ’n beter mens te probeer wees.

Die vriend het bygevoeg: “Hy doen meer moeite om uit te hang met mense wat ’n positiewe invloed op sy lewe het.”