Die sanger van Sorry het sy nuwe emoji-toepassing, Justmoji, op Vrydag, 3 Junie, bekendgestel deur sy 70 miljoen volgelinge op Instagram te terg dat, indien hulle die tegnologie aflaai, hy hulle ’n kykie sal kry na sy nuwe haarkleur.

Op Saterdag, 4 Junie, het die 22-jarige ster sy nuwe platinumblonde, kortgeknipte hare op verskeie platforms geparadeer. Op twee van die foto’s het Justin ’n effekleurige grys hoodie aan waar hy en ’n paar van sy vriende biljart speel.

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Op die ander foto’s poseer hy en sy bemanning voor ’n helikopter en is hy eenvoudig geklee in ’n blou T-hemp en ’n kortbroek.

Lees ook: Justin Bieber se ongewone nuwe tatoeëermerk is ‘deel van sy reis met God’

Alhoewel hy voorheen bekend was vir sy handelsmerk-windverwaaide slierte, het die Kanadees-gebore akteur nou al verskeie maande lank die grense getoets met sy voorkoms.

via GIPHY

Gedurende 2016 het hy sy natuurlike, ligbruin skakering, mielierye, pers hare en kort dreadlocks gewys voordat hy einde April sy hare borselkop geskeer het. In ander foto’s wat hy op Instagram geplaas het, is Justin se nuwe haarstyl heeltemal gewys. Op die foto speel hy ’n potjie biljart saam met Les Hamilton, die Britse Formule 1-jaer. Justin het blykbaar verloor. "Die kampioen wen weer ..." het Justin gekryf. "Dit was ’n droewe dag @lewishamilton."

The champ wins again.. It was a sad day @lewishamilton

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Waarop Lewis gereageer het: "Jammer, @justinbieber #repost #iwin.”

Dit lyk ook asof Justin daarvan hou om ’n blaaskansie te neem van sing en hy het duidelik ’n ywerige belangstelling in sport. Die popster is vroeër opgemerk waar hy langs Lewis en die Brasiliaanse sokkerspeler, Neymar Jr., wat nie sy land in die toernooi verteenwoordig het nie, in ’n private losie gesit het by ’n sokker-wedstryd in Pasadena, Kalifornië.

Die drietal het blykbaar tydens die wedstryd pret gemaak deur selfies te neem waarop Justin sy tong uitsteek en Neymar en Lewis langs hom gekskeer. Lees ook: Kan jy raai watter belaglike Justin Bieber-foto die meeste ‘likes’ op Instagram het? Justin het net een kiekie van die wedstryd geplaas, met die byskrif: “3 konings.”

3 kings

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof

Hoe goed ken jy jou 1933-vertaling van Die Bybel?