“Justin sal op 14 Februarie om negeuur in die hof verskyn,” het ’n bron aan MailOline gesê. “Hy sal voor regter William Altfield verskyn en daar is ’n reeds hofsaal aan die saak toegewys.”

Die ster se prokureur, Roy Black, tree namens hom op en hy sal na verwagting ook by die verhoor wees. Ten spyte van die hofdatum het die Beauty and a Beat-sanger nie toegelaat dat sy regsprobleme hom pla nie; hy en Chantel Jeffires, wat glo sy nuwe meisie is, het die afgelope naweek in Panama kerjakker.

Behalwe vir die regsprobleme in Miami, word hy ook deur ’n moontlike misdaadklag in die gesig gestaar nadat ’n eiergooiery by bure se huis sowat R220 000 se skade aangerig het. Die polisie in Los Angeles het gesê hulle sal binnekort bewyse aan die distriksprokureur voorlê, wat dan sal besluit of hy aangekla gaan word.